Praat die naweek met julle mense oor Gelofte Dag en hoor wie sal dit graag wil herdenk! Lekker naweek almal. – Talk to your people this weekend about Day of the Vow and hear who would like to commemorate it! Super weekend to all!

Day of the Vow – 16 December 2010.

Praat die naweek met julle mense oor Gelofte Dag en hoor wie sal dit graag wil herdenk! Lekker naweek almal.
Talk to your people this weekend about Day of the Vow and hear who would like to commemorate it! Super weekend to all!

All photos under copyright used with permission. Lizette De Klerk 2009-2010. All rights reserved worldwide.

One Response to “Praat die naweek met julle mense oor Gelofte Dag en hoor wie sal dit graag wil herdenk! Lekker naweek almal. – Talk to your people this weekend about Day of the Vow and hear who would like to commemorate it! Super weekend to all!”

  1. Henning Says:

    Ek stem heelhartig met jou skrywe saam. Ek kan net nie besluit wat is die belangrikste om eerste aandag aan te gee nie. Sal mens probeer om die volk te aan te moedig om die geloftes (Van Riebeeck en Bloedrivier) te hou of sal mens eers probeer om hulle te kry om op te hou om ander gode (Ishtar, Astarte, Easter) en Kersfees(Sonaanbidding) te dien asook om Sabbat, deur YHWH self ingestel te heilig en die katolieke sonsaanbidding op die SONdag te los. Dan eers kan ons die seen van die Skepper van Hemel en Aarde verwag. Elke bietjie help, maar as ons die waarhede wat verlore gegaan het nie weer optel en daarmee saamgaan nie, sal die seen van YHWH ook nie weer op ons neerdaal nie.

    Ek het self vir 40jaar probeer om op Sondag te aanbid totdat ek die waarheid gesoek en gevind het. Dis nie aldag maklik om te verander nie, maar dis ons keuse of ons wil voort ploeter in die modder en of ons daar uitgehelp wil word. Die Israeliete het ook afvallig geword en wanneer hulle gestraf is – soos SA op die oomblik – dan het hulle ook weer die Astartes en Baal(god) vernietig en terug gekeer na die Elohim van Israel, Yahweh, en hulle verootmoedig en dan Sy seen ontvang. Maar ons mense is mos hardkoppig en eiewys en wil niks weet van die waarheid van Sy Naam YHWH (Yahweh) en Sy Sabbat(Saterdag) en Sy feesdae (Peshag{passover}, Sukkoth{hutte/tente}, Shavuot{pentecost} Trompette en Atonement{Dag van Verootmoediging}) nie. En daarom – weens gebrek aan hierdie kennis, gaan ons ten gronde. Ons (myself ook) het HEELTEMAAL te veel na kansel stories op SONdae geluister in plaas van om die waarheid self te soek in die skrif. Dis so maklik. Lees die Skrif 2 of 3 maal deur van voor tot agter in so kort tyd as jy kan, en die waarheid sal vir jou opgaan soos die son. Dis hoe ek agter gekom het dat ek bedrieg is en my verskoning was maar flou om die predikant en pastoor te beskuldig. Elkeen is vir sy eie saligheid verantwoorldelik. Moenie dit aan die pasoor oorlaat nie. Moenie saam in die vuur spring, as hy daarin spring nie.

    Ek sal aanhou bid dat ons Skepper dit in sy ware volgelinge se harte bewerk om ‘n liefde vir die waarheid te kry. Sien 2 Tess 2:10

    Vrede.

Leave a comment